2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 1]

Ek in Bergen se hoofstasie, kort nadat ons met die oornagtrein arriveer het. Die rit op die Noorweegse trein vanaf Oslo na Bergen duur knap by die sewe ure, maar mens het darem 'n bed om op te slaap.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 2]

Die oggend was redelike reënerig en ons het vir 'n ruk lank in 'n inkopiesentrum rondgeloop, voordat ons koers ingeslaan het na die meer interessante dele van die stad. Hier is ek by 'n park met mooi blomme.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 3]

Hier is ek by die standbeeld van die Noorweegse violis Ole Bull, wat in 1810 in Bergen gebore is.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 4]

Albert met die Rosenkrantztårnet en Håkonshallen aan die oorkant van die Vågen (in die agtergrond by my kop). Ons staan op Strandkejen.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 5]

Albert met Bryggen aan die oorkant van die Vågen. Ons staan op Strandkejen.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 6]

Albert met 'n deel van Bryggen en die berg Fløyfjellet in die agtergrond. Die kabelspoorbaan en stasie aan die bokant van die berg kan ook gesien word.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 7]

Hier lê 'n hele paar mooi skepe geanker. Ons is nog steeds op Strandkajen, waar daar ook 'n mark is met verskillende produkte, maar die grootste deel daarvan is 'n vismark. Dis ook op hierdie stadium dat dit meer ernstig begin reën en ons skuiling gaan soek in 'n kafee!
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 8]

Ek met die kleurvolle geboue van Bryggen in die agtergrond.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 9]

Bryggen met vele Hanseatiese geboue.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 10]

Die toring in die agtergrond heet Rosenkrantztårnet en is in 1560 gebou.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 11]

Die ingang tot die gronde waarop Rosenkrantztårnet en Håkonshallen staan. Die datum bokant die boog is 1728.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 12]

Ons verken die Rosekrans-toring.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 13]

Die boonste deel van die toring bied 'n mooi uitsig oor 'n groot deel van Bergen. Agter my is die berg waaop ons later in die dag was.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 14]

Die Håkonshallen is in die agtergrond. Die saal is deur koning Håkon Håkonsson gebou.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 15]

'n Deel van die dakstruktuur.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 16]

Bryggen soos gesien van die Rosenkrantztårnet af.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 17]

Nog 'n kamer in die toring. Dis waarskynlik die koning en koningin wat in die muur verewig is.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 18]

Dis inderdaad die Rosenkrantztårnet waar ons was...
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 19]

Tyd om die bene te ontspan, van die reënerige weer te ontsnap en 'n toebroodjie saam met 'n warm sjokolade te geniet.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 20]

Die binnekant van St. Mary's Church (Mariakirken).
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 21]

Die binnekant van St. Mary's Church (Mariakirken).
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 22]

St. Mary's Church (Mariakirken).
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 23]

Die moderne kabelspoortrein loop vinnig en maklik die steilte van die berg uit.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 24]

In Noorweë is daar 'n trol om elke hoek en draai, groot of klein, van klip of van materiaal, lelik of lelik.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 25]

Daar is vele paadjies bo-op die berg, selfs vir motors. Meeste van die tyd is dit baie stil en rustig en kan mens werklik die natuurskoon geniet.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 26]

Daar is ook 'n paar mere, nie groot nie, maar rustig en mooi. Mens kry hulle net as jy nie heeltyd op die groter paaie bly nie.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 27]

Daar is niks meer om te sê nie.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 28]

Uit 'n ander hoek.
Bergen, Noorweë
2005 Augustus 5 Vrydag [Foto 29]

'n Laaste kykie oor bergen. Dis tyd om die boot te gaan soek wat om 20:00 die aand vertrek.
Bergen, Noorweë