2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 1]

Hier staan ek op die boeg met Ålesund 'n uur en 'n half agter ons. Dit was ons eerste kennismaking met die boonste dek van die MS Midnatsol, dek 9. Daar is twee borrelbaddens buite, maar gedurende die hele sewedagvaart het ek min mense gesien wat dit gebruik het - self was ek net een keer daarin! Die rede: Dit was nie vreeslik warm gewees nie en sonskyn was soms ook maar skaars.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 2]

Die water in die fjords is rustig en die boot vaar glad vorentoe teen 'n spoed van ongeveer 15-16 knope (volgens my GPSr het ons teen ongeveer 30 kilometer per uur beweeg).
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 3]

Die kleur van die water is iets besonders.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 4]

Hier is ek op die boeg. Ons is oppad na die Geirangerfjord.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 5]

Die berg duik in die water in.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 6]

Bewolkte berge lê in die agtergrond.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 7]

Die dorp sigbaar in die verte.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~11:00 [Foto 8]

Elektriese kabels gespan oor die water tussen twee berge - dit is waarskynlik 'n kilometer of twee tussen die berge.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~14:15 [Foto 9]

Op dek 8 kan mens heerlik sit en ontspan en die natuurskoon buite bewonder. Hoekom? Dis heelwat warmer hierbinne!
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~14:15 [Foto 10]

Ons nader die waterval. Die oranje aansteeksel wat ek dra het die nommer 7 op: Die hoeveelheid dae wat ons op die boot gaan wees. Wanneer mens terug wil kom op die boot, dan moet jy of hierdie balkie wys of jou kaartjie.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~14:15 [Foto 11]

Die asemrowende waterval in die omgewing van die Geirangerfjord.
MS Midnatsol, Noorweegse See
2005 Augustus 6 Saterdag ~21:30 [Foto 12]

'n Standbeeld en struik met mooi blomme in Molde, wat ook 'n jazzfees huisves. Die boot was vir 45 minute hier geanker.
Molde, Noorweë
2005 Augustus 6 Saterdag ~21:40 [Foto 13]

'n Reënboog en 'n pot vol goud... maar daar sal seker 'n paar lelike trolle wees wat dit beskerm.
Molde, Noorweë See
2005 Augustus 6 Saterdag ~21:45 [Foto 14]

Die sentrum van die dorp.
Molde, Noorweë
2005 Augustus 6 Saterdag ~21:50 [Foto 15]

Daar is hy nog steeds!
Molde, Noorweë
2005 Augustus 6 Saterdag ~21:50 [Foto 16]

Die boeg van ons huis van sewe dae.
Molde, Noorweë