So het die dag aangebreek waarop ek meer as 1 gigasekonde oud is. Ek en 'n paar vriende het die aand gaan uiteet by 'n Japanese restaurant. My vriendin, Marietjie, het al die pad van Southampton af deurgery en ons het die middag by Rendezvouskafee in Leicester Square onsself verlustig aan hulle lekkernye.
2008 Augustus 2 Saterdag ~17:30 [Foto 1]
Rendezvous kafee se vertoonvenster vol (vals) roomyse! Hierdie plek het van die beste!
Londen, Verenigde Koninkryk
2008 Augustus 2 Saterdag ~17:30 [Foto 2]
Rendezvous kafee in Leicester Square. Iets vir die oog, iets vir die tong, en jy's nie meer bekommerd oor jou leë beursie na die tyd nie!
Londen, Verenigde Koninkryk
2008 Augustus 2 Saterdag ~17:30 [Foto 3]
Ons voete saam met Bruce Willis se hande.
Londen, Verenigde Koninkryk
2008 Augustus 2 Saterdag ~18:50 [Foto 4]
Die teppanyaki-sjef steek die olie aan die brand, wat skielik 'n groot vlam maak!
Benihana Restaurant, Londen, Verenigde Koninkryk
2008 Augustus 2 Saterdag ~18:50 [Foto 5]
Die teppanyaki-sjef se vlam brand hoog!
Benihana Restaurant, Londen, Verenigde Koninkryk