Morokko 2015

Dag 1 - Marrakech

Ons riad ("hotel" - Riad Hizad) het gereël dat 'n taksie ons by die lughawe ontmoet en na hulle toe neem - 'n diens wat ons €15 gekos het maar die geld werd was.
Motors kan nie tot voor die riad ry nie, dus word die laaste deel per voet gedoen - die doolhof van strate in Marrakech se ou dorp ("medina") kan mens baie deurmekaar maak en ons is bly ons het dit nie die eerste keer op ons eie in die donker aangepak nie!
Met ons aankoms het hulle vir ons aandete aangebied (€20 per persoon) en dit was beslis die geld werd.
Hier is my resensie oor Riad Hizad na aanleiding van ons ervaring daar.

2015 Februarie 8 Sondag ~20:45 [Foto 1]
Wortels
'n Warm wortelslaai - dit was heerlik, al weet ek nie watter kruie en speserye daarin was nie.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

2015 Februarie 8 Sondag ~20:45 [Foto 2]
Eiervrug
'n Heerlike gebraaide eiervrugdis.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

2015 Februarie 8 Sondag ~20:45 [Foto 3]
Tamatie
'n Tamatiesousdis.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

2015 Februarie 8 Sondag ~20:45 [Foto 4]
Brood
Heerlike vars brood. Uit ons ervarings daar kry mens brood saam met elke maaltyd en dit word nooit op die rekening gelys nie.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

2015 Februarie 8 Sondag ~21:05 [Foto 5]
Tagine
'n Hoendertagine met suurlemoen - dit was fantasies smaaklik.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

2015 Februarie 8 Sondag ~21:35 [Foto 6]
Versiering
Die versiering teen die dak van die eetkamer. Dis nie net geverf of geplak nie - dis patrone is uitgekerf. Dis ook iets wat ons op verskeie plekke daar gesien het en dit maak die argitektuur nogal besonders.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

2015 Februarie 8 Sondag ~21:40 [Foto 7]
Pannekoek
Die nagereg was pannekoek.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

2015 Februarie 8 Sondag ~21:50 [Foto 8]
Tee
Ons eerste Morokko peperment-tee wat ons baie geniet het. Die warmlappie, in die vorm van 'n man met 'n lang kleed aan was heel oulik en nodig ook, want die teepot se handvatsel is baie warm.
Marrakech, Morokko (rondom N31° 37.745 W007° 59.076 480m)

Laaste opdateer: Sondag 8 Maart 2015
Webmeester: Albert van Biljon