Martina het vir my 'n helikoptervlug oor Londen gegee as verjaarsdaggeskenk.
Die roete was ongeveer 90km en het ons so net oor die 30 minute lank gevlieg.
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:20 [Foto 1]
Net voordat ons opstyg.
Redhill Aerodrome, Engeland (rondom N51° 13.196 W000° 8.547 67m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:25 [Foto 2]
Die kajuit net voordat ons opstyg. Ons het "noise cancelling" oorfone gedra wat die geraas van die enjin baie goed blokkeer het.
Redhill Aerodrome, Engeland (rondom N51° 13.1993 W000° 8.5357 68m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 3]
'n Uitsig oor Sidlow (voorgrond) en Irons Bottom (verder weg).
Surrey, Engeland (rondom N51° 12.4949 W000° 11.3996 287m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 4]
'n Uitsig oor Surrey.
Surrey, Engeland (rondom N51° 12.5542 W000° 11.5924 292m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 5]
Ons bereik 'n hoogte van 1100 voet bo seëspieël.
Surrey, Engeland (rondom N51° 12.814 W000° 12.2718 314m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 6]
Littleton Manor Farm is in die voorgrond met die dorpie Buckland verder agter die groot stuk water ('n kleiput?). Die North Downs kan in die verte gesien word.
Surrey, Engeland (rondom N51° 13.2157 W000° 12.9754 333m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 7]
Dele van Heathfield Farm aan die linkerkant en Reigate Heath Golf Club aan die regterkant.
Surrey, Engeland (rondom N51° 14.0048 W000° 13.6205 365m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 8]
Wat is hierdie? 'n Kleiput?
Londen, Engeland (rondom N51° 14.5621 W000° 13.7644 388m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 9]
Die M25.
Londen, Engeland (rondom N51° 15.4082 W000° 13.696 484m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 10]
Walton Heath Golf Club.
Surrey, Engeland (rondom N51° 15.7897 W000° 13.6411 504m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:30 [Foto 11]
Epsom Downs Racecourse.
Surrey, Engeland (rondom N51° 16.8902 W000° 13.5743 582m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 12]
Epsom Downs Racecourse.
Surrey, Engeland (rondom N51° 18.477 W000° 13.4327 569m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 13]
Toyota head office in Burgh Heath, Surrey.
Surrey, Engeland (rondom N51° 18.8068 W000° 13.5026 561m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 14]
Nonsuch Park met Nonsuch Palace in die middel effens regs.
Surrey, Engeland (rondom N51° 20.6363 W000° 13.8463 522m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 15]
Hampton Court Palace, ongeveer 8 km van waar ons gevlieg het af.
Surrey, Engeland (rondom N51° 21.1918 W000° 13.9171 491m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 16]
Stoneleigh.
Londen, Engeland (rondom N51° 21.5577 W000° 13.9667 462m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 17]
Gasometers langs Motspur Park. Links bo is die Fullham FC oefengronde.
Londen, Engeland (rondom N51° 22.843 W000° 14.225 392m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 18]
Die blou- en groen-gekleurde baan in die voorgrond is World of Golf. Agter dit is "Goals Wimbledon" en verder weg is 'n golfbaan.
Londen, Engeland (rondom N51° 24.0775 W000° 14.3618 348m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 19]
Wimbledon Centre Court (regs) en Court. No 1 (links). In die voorgrond is Rushmere Pond.
Londen, Engeland (rondom N51° 24.5074 W000° 14.509 341m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:35 [Foto 20]
White Lodge in Richmond Park.
Londen, Engeland (rondom N51° 26.2771 W000° 15.1431 310m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 21]
Wembley Stadion ongeveer 10km in die verte van waar ons gevlieg het.
Londen, Engeland (rondom N51° 26.9442 W000° 15.2612 305m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 22]
Die Bank of England Sports Centre is in die middel van die foto.
Londen, Engeland (rondom N51° 27.3421 W000° 15.0968 302m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 23]
Ons het 'n hele paar vliegtuie oppad Heathrow toe gesien.
Londen, Engeland (rondom N51° 27.8182 W000° 14.7764 300m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 24]
Hammersmith Bridge bo links en London Wetland Centre in die voorgrond.
Londen, Engeland (rondom N51° 28.047 W000° 14.5286 294m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 25]
Fulham Football Club aan die anderkant van die Teems. Ek het hierdie later van die oorkantste wal ook gesien toe ons gaan fietsry het en hierdie foto geneem.
Londen, Engeland (rondom N51° 28.2998 W000° 14.0301 280m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 26]
Craven Cottage Stadium, tuiste van Fulham Football Club. Ek het hierdie later van die oorkantste wal ook gesien toe ons gaan fietsry het en hierdie foto geneem.
Hierdie wedstryd was klaarblyklik Fulham vs Crystal Palace.
Londen, Engeland (rondom N51° 28.3469 W000° 13.4675 272m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 27]
Die Royal Albert Hall, die punt van die Prince Albert Memorial en Hyde Park agter dit.
Londen, Engeland (rondom N51° 28.7848 W000° 10.4846 381m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 28]
Exhibition Road, met die Natural History Museum aan die linkerkant en die Victoria & Albert Museum aan die regterkant.
Londen, Engeland (rondom N51° 28.9452 W000° 10.1762 396m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 29]
Hyde Park met die Serpentine duidelik sigbaar.
Londen, Engeland (rondom N51° 28.9769 W000° 10.0519 399m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 30]
Buckingham Palace is in die middel van die foto.
Londen, Engeland (rondom N51° 29.0837 W000° 9.3654 414m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 31]
Victoria stasie in die voorgrond. Verder weg is Buckingham Palace en Green Park. Effens regs is Westminster Cathedral en my kantoor. Heel aan die regterkant is Westminster Abbey en Big Ben.
Londen, Engeland (rondom N51° 29.1106 W000° 9.0167 409m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:40 [Foto 32]
Hyde Park, Green Park en St. James Park, met Buckingham Palace en die Victoria Memorial in die middel. Die park in die voorgrond is Vincent Square en 'n klein bietjie verder weg is Westminster Cathedral.
Londen, Engeland (rondom N51° 29.2628 W000° 7.6989 407m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 33]
Canary Wharf op die Isle of Dogs is in die voorgrond en verder agter dit is London City Airport.
Londen, Engeland (rondom N51° 30.354 W000° 3.3219 505m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 34]
Aan die regterkant is die Olympic Park en die Orbit.
Londen, Engeland (rondom N51° 30.4932 W000° 2.9826 508m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 35]
'n Terugblik oor die City, met die Gherkin in sig.
Londen, Engeland (rondom N51° 30.1342 W000° 1.7203 502m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 36]
Die O2 met die Emirates Cable Car skuins agter dit.
Londen, Engeland (rondom N51° 29.9107 W000° 1.6977 511m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 37]
Die Thames Barriers in die river. Aan die linkerkant is London City Airport.
Londen, Engeland (rondom N51° 29.7424 W000° 1.6805 515m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 38]
Die Old Royal Naval College langs die rivier met die National Maritime Museum agter dit.
Londen, Engeland (rondom N51° 29.5828 W000° 1.6301 520m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 39]
Die Royal Observatory Greenwich. Ons het nie oor die lyn gevlieg nie!
Londen, Engeland (rondom N51° 29.3534 W000° 1.3801 530m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:45 [Foto 40]
Die Suidelik woonbuurtes.
Londen, Engeland (rondom N51° 26.7339 W000° 0.9324 562m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:50 [Foto 41]
Die Suidelik woonbuurtes.
Londen, Engeland (rondom N51° 26.562 W000° 1.0491 564m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:50 [Foto 42]
Bellingham treinstasie aan die linkerkant. Die groot park verder weg is Beckenham Place Park. In die voorgrond is Bellingham Green met die ses strate wat rondom die stukkie groen uitsprei.
Londen, Engeland (rondom N51° 26.255 W000° 1.2851 560m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:50 [Foto 43]
Die Suidelike woonbuurte met Beckenham Place Park in die agtergrond.
Londen, Engeland (rondom N51° 25.924 W000° 1.5315 565m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:50 [Foto 44]
Crystal Palace atletiekstadion.
Londen, Engeland (rondom N51° 25.7013 W000° 1.6941 578m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:50 [Foto 45]
Crystal Palace atletiekstadion.
Londen, Engeland (rondom N51° 25.4625 W000° 1.8815 583m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:50 [Foto 46]
In die voorgrond is die Centrale- en Whitgift-inkopiesentrums. In die agtergrond is die torings van IKEA Croydon.
Londen, Engeland (rondom N51° 22.4475 W000° 4.7688 623m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:55 [Foto 47]
Die M23-snelweg.
Surrey, Engeland (rondom N51° 16.6108 W000° 9.1583 506m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:55 [Foto 48]
'n Deeltjie van die groen belt.
Surrey, Engeland (rondom N51° 16.353 W000° 9.029 485m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:55 [Foto 49]
Kort nadat ons geland het. Die vlieënier moes eers die enjins 'n bietjie laat "afkoel" voordat ons kon uitklim.
Redhill Aerodrome, Engeland (rondom N51° 13.214 W000° 8.547 70m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~15:55 [Foto 50]
Kort nadat ons geland het. Die vlieënier moes eers die enjins 'n bietjie laat "afkoel" voordat ons kon uitklim.
Londen, Engeland (rondom N51° 13.216 W000° 8.546 72m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~16:00 [Foto 51]
Van die ander helikopters wat daar geparkeer was.
Londen, Engeland (rondom N51° 13.2132 W000° 8.5317 82m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~16:00 [Foto 52]
Die helikopter van ebg Helicopters waarmee ons gevlieg het.
Londen, Engeland (rondom N51° 13.2132 W000° 8.5317 82m)
2015 Augustus 1 Saterdag ~16:15 [Foto 53]
Redhill Aerodrome se naambord.
Redhill Aerodrome, Engeland
2015 Augustus 1 Saterdag ~16:45 [Foto 54]
Ons het die paar kilometer van die aerodrome na die dorp en treinstasie toe gestap. Hierdie was op die pad.
Redhill, Engeland