Desember 2004

2004 Desember 2 Donderdag [Foto 1]
Kersgeskenk
Maersk Broker se werknemers het almal so 'n boks met versnapperings en 3 bottels wyn in gekry as kersgeskenk. My baas het my verras deur vir my ook een te laat kry.
Kopenhagen, Denemarke (55º 42.361N 12º 32.965O)

2004 Desember 4 Saterdag [Foto 2]
Pad
Op 'n winderige Saterdagoggend, is ek op pad om 'n cache te gaan vind. In die verte is die brug sigbaar waarnaby die cache is - hoop ek...
Kopenhagen, Denemarke

2004 Desember 4 Saterdag [Foto 3]
Windkous
Die windkous op die brug, geneem vanaf 'n punt naby aan die cache genaamd A tribute to ElwoodB.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 36.890N 012° 30.664O)

2004 Desember 4 Saterdag [Foto 4]
Albert
Die cache A tribute to ElwoodB is weggesteek tussen die rotse onder die boom reg agter my. Hierdie cache is op 'n eiland onder die brug - mens kan van die brug af per fiets ry tot onder. Uit die rommel wat daar rondlê kom daar verseker meer mense daar as wat ek aanvanklik gedink het.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 36.890N 012° 30.664O)

2004 Desember 4 Saterdag [Foto 5]
Boom
Beyond Uranus kan gevind word onder hierdie boom, nie vreeslik goed weggesteek nie. Die uitdaging aan hierdie een is die feit dat dit 'n multi-cache is: Mens moet eers die eerste cache, waarvan die koördinate op die webwerf gegee word, vind, en daarna gaan soek jy die werklike cache met die leidrade wat die eerste cache jou gegee het. In hierdie geval was die eerste cache 'n kontaklenshouertjie wat die koördinate van die tweede cache op 'n papiertjie geskryf gehad het.
Kopenhagen, Denemarke

2004 Desember 4 Saterdag [Foto 6]
Cache
So maklik om Beyond Uranus se werklik cache te sien as jy eers wat die koördinate daarvan is!
Kopenhagen, Denemarke

Laaste opdateer: Woensdag 8 Desember 2004
Webmeester: Albert van Biljon