Augustus 2011

GeoCaching - Highlights of Moraira

Die tweede cache vir die dag, Highlights of Moraira, is 'n multi-cache wat jou 'n paar besienswaardige punte in Moraira gaan wys. By die finale punt loop ek ook 'n ander aspirant-cacher raak!

2011 Augustus 10 Woensdag ~15:40 [Foto 1]
Monument
Die eerste punt wat ek besoek (WP6), vra watter vorm hierdie monument het:
Ball = 1, Cube = 2, Pyramide = 3
Antwoord = 3
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.229 O000° 08.157)

2011 Augustus 10 Woensdag ~15:45 [Foto 2]
Strand
Die volgende punt wat ek besoek (WP5), vra in watter jaar die strand gelyk het soos op die foto:
1915 = 1, 1951 = 2, 1963 = 3
Antwoord = 2
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.227 O000° 07.928)

2011 Augustus 10 Woensdag ~15:55 [Foto 3]
Inligtingsbord
Hierna gaan soek ek die antwoord vir WP4, wat vra in watter tale die inligtingsbord is:
French + Spanish + German = 1
Russian + German + Spanish = 2
Spanish + Valenciano + English = 3
Antwoord = 3
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.267 O000° 07.868)

2011 Augustus 10 Woensdag ~15:55 [Foto 4]
Engels
Die Engelse verduideliking.
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.267 O000° 07.868)

2011 Augustus 10 Woensdag ~16:05 [Foto 5]
Standbeeld
Laastens is dit WP1, wat vra in watter rigting die man kyk:
Harbour = 1, Beach = 2, Peņon de Ifach de Calpe = 3
Antwoord = 1
Ek het aanvanklik die verkeerde antwoord hier gebruik (3) en het dus ver geloop om op 'n heeltemal verkeerde plek na die cache te gaan soek!
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.154 O000° 07.719)

Die finale punt word bereken as volg:
N38° 41.(Sum of all answers x 20) + 32 O000° 07.(Sum of all answers x 111) - 34
Die somtotaal van al die antwoorde is 9, en 9 x 20 = 180 en 9 x 111 = 999
dus is die finale koördinaat: N38° 41.212 O000° 07.965

2011 Augustus 10 Woensdag ~17:50 [Foto 6]
Log
My log-inskrywing:
albertvanbiljon 10/8/2011
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.212 O000° 07.965)

2011 Augustus 10 Woensdag ~17:50 [Foto 7]
Cacher
'n Jong aspirant-cacher van Frankryk. Hy het Google Earth gebruik om 'n paar ander caches te soek en ook die leidrade van hierdie cache te vind, maar kon nie finale cache vind sonder 'n GPSr nie.
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.212 O000° 07.965)

2011 Augustus 10 Woensdag ~17:50 [Foto 8]
Wegsteekplek
Die cache is tussen die klippe in die muur op 'n baie openbare plek - daar loop seker duisende mense elke dag by die verby!
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.212 O000° 07.965)

2011 Augustus 10 Woensdag ~17:50 [Foto 9]
Weggesteek
Die cache is weer veilig weggesteek reg vir die volgende cacher om dit te kry.
Moraira, Spanje (rondom N38° 41.212 O000° 07.965)

Laaste opdateer: Donderdag 1 September 2011
Webmeester: Albert van Biljon