Gedurende 'n besigheidsbesoek aan Londen het ek 'n kansie gehad om die virtuele cache Catastrophe, Calamity, Cataclysm Part 1 te gaan soek. Hierdie cache gee weer 'n leidraad na 'n ander cache toe, wat ek hoop om op 'n volgende besoek te gaan soek. Terwyl ek na die plek gaan soek het, het ek ervaar hoe deurmekaar die GPS-seine kan raak, waarskynlik as gevolg van hoë geboue en seine wat teen die geboue weerkaats: Soms was my akkuraatheid so swak as 150 meter! Ek verwag gewoonlik 'n akkuraatheid van ongeveer 3 tot 12 meter.
Op 'n latere geleentheid, het ek ook die derde deel van die hierdie reeks caches gaan kry.
Die omgewing is baie naby aan die rivier en aan die Tower of London en is 'n geboue-komplek genaam die Royal Mint Court.
2006 Januarie 20 Vrydag ~14:30 [Foto 1, 2]
|
|
Die leidraad wat hier gevind moet word is die datum: 1 9 8 G.
Die datum is 2 Junie 1989, en dus is G = 9
Teks op die plaatjie is as volg:
ROYAL MINT COURT WAS OPENED BY HER MAJESTY THE QUEEN ON 2ND JUNE 1989