Maart 2005

GeoCaching - Zulu 7

Ek, Willie en Albert het die Saterdag van Willie se verjaardag nog 'n tydjie ingeruim om na Zulu 7 te gaan soek. Dis in die omgewing van die Rhodes Memorial in Kaapstad. Ons kon die motor parkeer en slegs 'n kort entjie verder op 'n redelike maklike paadjie teen die berg op het ons die cache gevind. Dit het wel 'n rukkie geneem om die omgewing te fynkam vir die presiese wegsteekplek - die berg is vol rotse en baie potensiėle wegsteekplekke en die plantegroei is ruig op sommige plekke sodat mens ompaaie moet vind. Die uitsig van bo af was die moeite werd.

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 1]
Albert
Willie het eerste die wegsteekplek ontdek vir Zulu 7. Hier wys Albert na die plek onder die klip waarop ek staan. Ons log vir die vonds is om 16:53.
Kaapstad, Suid-Afrika (33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 2]
Wegsteekplek
Ek haal Zulu 7 uit sy wegsteekplek uit.
Kaapstad, Suid-Afrika (33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 3]
Yippee!
Die Germishuyse hou die vonds en die GPSr omhoog.
Kaapstad, Suid-Afrika (33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 4]
Yippee!
Twee Deense skepe, een Zulu 7-cache.
Kaapstad, Suid-Afrika (33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 5]
Vonds
Die Zulu 7 cache-houer, ons vonds - die dolfyn yskas-magneet wat ons vir Lenet gegee het, die 3 Deense muntstukke wat ek gelos het, die logboek en pen en die GPSr.
Kaapstad, Suid-Afrika (33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 6]
Uitsig
Die uitsig vanaf die cache se posisie. Die torings in die omgewing van Willie-hulle se huis is links van my kop sigbaar.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 7]
Sonlig
Die sonstrale kruip deur die berg - dis tyd om huiswaarts te keer sodat ons Willie se verjaardag kan gaan fier.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 8]
Nuweland
Nuweland kan ook hiervanaf gesien word.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 9]
Uitsig
'n Uitsig oor 'n ander deel van die moederstad.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 10]
Berg
Plantegroei op die berg.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 11]
Berg
Nog plantegroei op die berg.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.209S 018° 27.374O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 12]
Gedenkteking
Ek voor die Rhodes Gedenkteking.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.148S 018° 27.550O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 13]
Leeu
Albert op een van die leeus.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.148S 018° 27.550O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 14]
Standbeeld
Albert by die standbeeld van Cecil Rhodes.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.148S 018° 27.550O)

2005 Maart 12 Saterdag [Foto 15]
Albert
Albert Rhodes, die agter-agter-ver-agter-kleinseun van Cecil Rhodes.
Kaapstad, Suid-Afrika (rondom 33° 57.148S 018° 27.550O)

Laaste opdateer: Saterdag 30 Julie 2005
Webmeester: Albert van Biljon