April 2005

GeoCaching - Mont Parnes 1

Tydens 'n besigheids besoek aan Athene, het ek in my baas se huis gebly. Na 'n bietjie gesels, is hy toe baie ge´nteresseerd in GeoCaching, en synde dat hy 'n 4x4 Jeep het, stel ek toe voor dat ons die Saterdag na Mont Parnes 1 gaan soek, wat in die berge net buite Athene versteek is. Dit het ons 'n rukkie, en 'n paar ompaaie, gekos voordat ons uiteindelik die regte een gekry het, maar dit was uit-en-uit die moeite werd. Ons kon tot 'n paar honderd meter vanaf die cache ry en het daar parkeer, waarna ons 'n styl bult moes opklim. Die cache was redelik maklik te vinde. Oppad terug, het ons aandete benut by die Restaurant Elatos (38░ 06.411N 023░ 44.169O 249m). Volgende keer sou ek ook graag die kabelkar (ingang tot parkeerterrein is by 38░ 08.228N 023░ 44.381O 503m) wil gebruik wat teen die berg opgaan. Wat 'n uitstekende dag in 'n fantastiese omgewing!

2005 April 23 Saterdag [Foto 1]
Uitsig
Uitsig by 'n uitkykpunt, oppad na Aghia Trias Parnithos.
Athene-omgewing, Griekeland (38░ 08.579N 023░ 43.725O 800m)

2005 April 23 Saterdag [Foto 2]
Kerk
Ons is aan die bokant van die bult en net 'n paar meter van die kerkie, en die cache, af.
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 3]
Kerk
Die kerkie. Naby is ook 'n kerkklok.
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 4]
Tony
Tony het eerste die skat in sy wegsteekplek raakgesien. Hier is hy by sy vonds.
Athene-omgewing, Griekeland (38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 5]
Albert
Albert by Mont Parnes 1.
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 6]
Inhoud
Die cache-inhoud. Ons neem 'n pakkie sneusdoekies en los 'n sleutelhouer van Suid-Afrika.
Ons volledige log-inskrywing:
This is very stunning. We weren't sure if we were on the right path, but we stuck with it and found it at 15:23. Great Experience. Tony SD.
Found this together with Tony, my boss. Fantastic area and drive out here in his Jeep. Thanx! In: South Africa keyring, Out: Tissue albertvanbiljon
Athene-omgewing, Griekeland (38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 7]
Wegsteekplek
Die cache word weer veilig weggesteek.
Athene-omgewing, Griekeland (38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 8]
Bosse
Vanaf die cache is dit redelik styl afdraend in die bosse in. Let wel: Dis darem nie die pad wat ons hoef te geloop het nie!
Athene-omgewing, Griekeland (38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 9]
Tony
Nog steeds op die koppie, Tony met die berge in die agtergrond.
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 10]
Albert
Albert met die berge in die agtergrond.
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 11]
Berge
Daardie een is nog hoŰr!
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 12]
Plantegroei
Plantegroei op die koppie.
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 13]
Vrug
Is daar dalk nog iets binne-in weggesteek?
Athene-omgewing, Griekeland (rondom 38░ 09.096N 023░ 40.589O)

2005 April 23 Saterdag [Foto 14]
Jeep
Tony se Jeep waar hy hom parkeer het voordat ons verder te voet beweeg het.
Athene-omgewing, Griekeland (38░ 08.969N 023░ 40.358O 687m)

2005 April 23 Saterdag [Foto 15]
Pad
Die paaie is nie werklik begaanbaar met 'n gewone voertuig nie, 'n 4x4 is ideaal.
Athene-omgewing, Griekeland (38░ 08.969N 023░ 40.358O 687m)

Laaste opdateer: Vrydag 29 Julie 2005
Webmeester: Albert van Biljon