Ek het hierdie cache besoek tydens ons besoek aan Oslo. In die aand, nadat ons by Vigenlandsparken was, het ek die trein na Holmenkollen toe geneem en The Holmenkollen Jumpoff Bug Hotel redelik vinnig gekry - ek moes vinnig wees aangesien die treine net elke 30 minute ry en ek weer op 'n sekere tyd by die hoofstasie moes wees om betyds te wees vir ons trein na Bergen toe. Die hoofdoel om hierdie cache te besoek, was om die reisgogga (Travel Bug) Beaming Star, wat ek in Denemarke opgetel het, in die cache gelos. Hierdie reisgogga was in 'n resies vanaf Japan na Oslo, en danksy die feit dat ek hom daar gelos het, het hy die reis gewen!
2005 Augustus 4 Maandag [Foto 1]

Ek met die cache in en GPSr in my hande. Die cache was onder 'n stel trappe weggesteek en kon dit baie maklike kry, veral omdat ek vooraf die wenk gelees het.
Oslo, Noorweë (rondom 59° 57.747N 010° 40.257O)
2005 Augustus 4 Maandag [Foto 2]

Die inhoud van die cache. Die hoofdoel van hierdie cache is om reisgoggas (travel bugs) uit te ruil.
Oslo, Noorweë (rondom 59° 57.747N 010° 40.257O)
2005 Augustus 4 Maandag [Foto 3]

My log-inskrywing:
Found quickly with use of hints, since I had very limited time. Left TB that raced from Japan to this cache 458194.
Oslo, Noorweë (rondom 59° 57.747N 010° 40.257O)
2005 Augustus 4 Maandag [Foto 4]

Die uitsig vanaf die pad redelik naby aan die cache. Hierdie cache is redelik hoog geleë.
Oslo, Noorweë (rondom 59° 57.747N 010° 40.257O)
2005 Augustus 4 Maandag [Foto 5]

Hierdie skilhelling is ook naby aan die cache.
Oslo, Noorweë (rondom 59° 57.747N 010° 40.257O)
2005 Augustus 4 Maandag [Foto 6]

Uitsig vanaf die pad wat naby aan die cache verbyloop, nader aan die treinstasie se kant.
Oslo, Noorweë (rondom 59° 57.747N 010° 40.257O)
2005 Augustus 4 Maandag [Foto 7]

Uitsig vanaf die pad wat naby aan die cache verbyloop, nader aan die treinstasie se kant.
Oslo, Noorweë (rondom 59° 57.747N 010° 40.257O)