September 2005

GeoCaching - Fiskerihavnen

'n Mooi sonkyn-Saterdag kan net beteken dat GeoCaching op hande is: Fiskerihavnen was my teiken vir die middag. Die pad hierheen neem mens deur dele van die stad waar kratte en ander vrag wag om verskeep te word, asook tussen baie luukse kantoor-komplekse. Tot my verbasing is die area baie voetganger- en besoekervriendelik gemaak met uitgelegde paadjies en sonder rommel. Om jouself op die kaart te oriŰnteer, besoek Krak.

2005 September 10 Saterdag [Foto 1]
Log
My log-inskrywing:
17:20 Interesting area - didn't expect so many (or any) people here! Lovely sunshine day, celebrating the end of summer - it makes one feel sad. TFTC. Took: Glass star, Left: Beermug from Skagen.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 2]
Albert
Albert met die fonds en GPSr in sy hande.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 3]
Wegsteekplek
Die cache word weggesteek tussen die klippe aan die einde van die hawewal. Ek het gedink dit sou dalk redelik maklik wees vir iemand om dit daar te sien, maar daar kom seker nie te veel mense daar nie.
Kopenhagen, Denemarke (55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 4]
Weggesteek
Die cache is weer veilig weggesteek, waar dit al is vir meer as 'n jaar, reg vir die volgende GeoCacher.
Kopenhagen, Denemarke (55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 5]
Boot
'n Verbygaande boot met 'n deel van Noordelike Kopenhagen in die agtergrond.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 6]
Vissersboot
'n Ou vissersboot in die hawe.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 7]
Oeresund
Die ěresund (die seestraat tussen Denemarke en Swede). Die nader eiland aan die linkerkant is Middelgrundsfortet en die verder een in die middel is Flakfortet.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 8]
Jag
'n Kleiner jag, met Kopenhagen in die agtergrond.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 43.494N 012░ 36.131O)

2005 September 10 Saterdag [Foto 9]
Jag
'n Raaiskoot: Is dit dalk Haar Majesteit se jag?
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 43.494N 012░ 36.131O)

Laaste opdateer: Saterdag 11 September 2005
Webmeester: Albert van Biljon