April 2005

GeoCaching - Agios Kosmas sign

Ek het na werk op die trem gespring om die cache Agios Kosmas sign te gaan soek en 19:23 het ek hom in die hand gehad. Die vorige keer toe ek in Athene was (in Februarie) het ook na hom gaan soek, maar kon hom nie kry nie. Na 'n paar e-pos boodskappe tussen my en die cache-eienaar, het hy bevestig dat die cache weg is - waarskynlik weggewaai tydens 'n groot storm. Die cache is onlangs herstel en nou kon ek hom gaan soek. Tussen die tremspore en die pad is daar 'n sypaadjie met 'n padteken op, en die cache is agterop vas met 'n magneet - dis ook die kleinste cache wat ek nog gevind het!

2005 April 20 Woensdag [Foto 1]
Albert
Ek met my GPSr en die log-papiertjie. Die padteken waaragter die cache met die magneet vas is, is aan my regterkant sigbaar. Ek staan reg langs 'n kerkie wat iets met die Ortodokse geloof te doen moet he.
Athene, Griekeland (rondom 37 53.515N 023 43.352O)

2005 April 20 Woensdag [Foto 2]
Kerk
Die kerkie.
Athene, Griekeland (rondom 37 53.515N 023 43.352O)

2005 April 20 Woensdag [Foto 3]
Wegsteekplek
Die cache word hier weggesteek.
Athene, Griekeland (37 53.515N 023 43.352O)

Laaste opdateer: Woensdag 20 April 2005
Webmeester: Albert van Biljon