Junie 2005

GeoCaching - ALFA

Sondagoggend was ek vroeg uit die kooi om twee GeoCaches te gaan soek, waarvan die eerste ALFA was. Dis geleë op die "eiland" Amager en baie naby aan Christiana.

2005 Junie 12 Sondag [Foto 1]
Monument
Op pad na die cache het ek verby hierdie monument gery. Die kerktoring in die agtergrond is dié van Vor Frelsers Kirke.
Kopenhagen, Denemarke

2005 Junie 12 Sondag [Foto 2]
Albert
GeoCacher, kerktoring en monument.
Kopenhagen, Denemarke

2005 Junie 12 Sondag [Foto 3]
Voëls
Daar is 'n hele klomp voëls in die omgewing gewees - wonderlik om soveel natuurlewe in die stad te hê!
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 40.213N 012° 35.767O)

2005 Junie 12 Sondag [Foto 4]
Log
Log is gedoen om 08:50. Ek los 'n Suid-Afrikaanse 5-sent muntstuk en neem 'n Spaanse 50-Eurosent muntstuk met die woord "Cervantes" daarop.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 40.213N 012° 35.767O)

2005 Junie 12 Sondag [Foto 5]
Albert
Ek met die fonds en die GPSr in my hande.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 40.213N 012° 35.767O)

2005 Junie 12 Sondag [Foto 6]
Wegsteekplek
Die cache se wegsteekplek: onder 'n klip aan die ander kant van die heining agter 'n boom. Mens kan hom bykom sonder om oor die heining te klim, maar om hom raak te sien sal heelwat moeiliker wees as mens nie spesifiek daar soek nie!
Kopenhagen, Denemarke (55° 40.213N 012° 35.767O)

2005 Junie 12 Sondag [Foto 7]
Boom
Die cache is agter hierdie boom weggesteek. Net langs dit is 'n bankie, dus sal dit seker moeilik wees om die cache uit te haal en te log as daar heeltyd mense sit.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 40.213N 012° 35.767O)

Laaste opdateer: Vrydag 29 Julie 2005
Webmeester: Albert van Biljon