Saterdag die 11de het ek na twee caches gaan soek wat ek vantevore nie kon kry nie. Een van hulle is Krogebjerg, wat ek om 15:20 kon log. Hierdie keer kon ek hom darem kry!
2005 Junie 11 Saterdag [Foto 1]

Albert met die cache en GPSr.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.971N 012° 27.856O)
2005 Junie 11 Saterdag [Foto 2]

Brompie langs een van die bome op die pad waarop die cache is. Die cache is juis in een van hierdie bome se mikke weggesteek. Die ding om te bepaal wanneer mens na die cache soek, is op watter een van die paadjies mens moet wees, want hulle word geskei deur 'n kanaal.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.971N 012° 27.856O)
2005 Junie 11 Saterdag [Foto 3]

Die cache en inhoud saam met die GPSr (en die tone van my skoene!).
My log-inskrywing:
The second time I came hunting for this one, I found it quickly! Very cool hiding place and nice park - almost no-one here today as it isn't very warm. In: South African arm bracelet; Out: Glass horse.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.971N 012° 27.856O)
2005 Junie 11 Saterdag [Foto 4]

Die cache word weggesteek in die mik van die boom, onder 'n paar los stukkies bas. Baie goeie plek! 'n Mens moet egter versigtig wees wanneer mens die cache uithaal of terugsit, aangesien verbygangers kan dink jy is besig met iets vreemds...
Kopenhagen, Denemarke (55° 41.971N 012° 27.856O)
2005 Junie 11 Saterdag [Foto 5]

Weggesteek vir die volgende GeoCacher.
Kopenhagen, Denemarke (55° 41.971N 012° 27.856O)