Augustus 2005

GeoCaching - AMF #1 Junglen

AMF #1 Junglen was derde op die lys vir die dag. Hierdie cache is op Amager, 'n amper-eiland wat deel uitmaak van die groter-Kopenhagen omgewing en ook waarop Kopenhagen se Kastrup-lughawe is.
Daar is 'n raaisel-cache in die omgewing, ěrested AMF event slut. Raaisel-caches bevat min of geen leidrade oor hulle werklike ko÷rdinate. Nadat ek die vorige cache gekry het, het ek egter 'n idee gevorm dat die leidrade om die raaisel-cache op te spoor in ses verskillende caches in die omgewing versteek is - dit is na aanleiding van die klein papiertjie waarop die onderstaande gedruk was, sonder enige indikasie waarvoor dit is. Hierdie cache se leidraad is:
N55 39.___
E12 34._3_

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 1]
Inhoud
Die inhoud van die cache. Ek ruil niks nie aangesien ek my besoek so kort as moontlik wil hou - die muskiete in die omgewing is besig om my op te vreet!
My log-inskrywing:
12:34 Found easily. No trade.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 39.448N 012░ 34.357O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 2]
Albert
Ek met die GPSr en GeoCache in my hande.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 39.448N 012░ 34.357O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 3]
Wegsteekplek
Die cache word in 'n vlak gat in die grond geplant, en dan word die pyp bo-oor geplaas.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 39.448N 012░ 34.357O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 4]
Weggesteek
Die cache is nou weggesteek, maar die pyp is amper soos 'n baken wat skreeu: "Hier is ek!". Ek dink egter nie dat te veel mense hierdie plek besoek nie, so dis seker veilig.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55░ 39.448N 012░ 34.357O)

Laaste opdateer: Saterdag 20 Augustus 2005
Webmeester: Albert van Biljon