Augustus 2005

GeoCaching - AMF #3 Ved Vandløbet

AMF #3 Ved Vandløbet was tweede op die lys vir die dag. Hierdie cache is op Amager, 'n amper-eiland wat deel uitmaak van die groter-Kopenhagen omgewing en ook waarop Kopenhagen se Kastrup-lughawe is.
Daar is 'n raaisel-cache in die omgewing, Ørested AMF event slut. Raaisel-caches bevat min of geen leidrade oor hulle werklike koördinate. Nadat ek hierdie cache gekry het, het ek egter 'n idee gevorm dat die leidrade om die raaisel-cache op te spoor in ses verskillende caches in die omgewing versteek is - dit is na aanleiding van die klein papiertjie waarop die onderstaande gedruk was, sonder enige indikasie waarvoor dit is. Hierdie cache se leidraad is:
N55 39.2__
E12 34.___

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 1]
Inhoud
Die cache-inhoud.
My log-inskrywing:
11:58 Found after few minutes search + use of hint. Lots of mosquitos! No trade.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 39.483N 012° 34.748O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 2]
Albert
Ek met die GPSr en GeoCache in my hande.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 39.483N 012° 34.748O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 3]
Weggesteek
Die cache is weggesteek onder 'n klomp takkies langs boom se stam. Ek reken dat nie te veel mense hier kom nie, so die kans dat dit per abuis gekry word is seker nie te groot nie.
Kopenhagen, Denemarke (55° 39.483N 012° 34.748O)

Laaste opdateer: Saterdag 20 Augustus 2005
Webmeester: Albert van Biljon