Saterdag die 11de het ek na twee caches gaan soek wat ek vantevore nie kon kry nie. Een van hulle is Damhusengen, wat ek om 16:15 kon log. Die brandnetels in die omgewing was weereens 'n uitdaging!
2004 Junie 11 Saterdag [Foto 1]
Ek met die cache en die GPSr.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.278N 012° 28.260O)
2004 Junie 11 Saterdag [Foto 2]

My log-inskrywing:
On my second visit, I found it quite easily, although once again I wished I had put long pants on! The thorns are quite ticklish! Interesting hiding place - thanx for the cool cache. In: Penguin fridge-magnet; Out: Ladybug.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.278N 012° 28.260O)
2004 Junie 11 Saterdag [Foto 3]

Die wegsteekplek is binne-in 'n pyp wat vertikaal in die grond geplant is en 'n deksel oor het. Met die ruig plantgroei en die feit dat dit basies in die middel van die terrein is, nie langs 'n boom of ander vaste baken nie, was dit nie so maklik om te kry nie.
Kopenhagen, Denemarke (55° 41.278N 012° 28.260O)
2004 Junie 11 Saterdag [Foto 4]

Die cache is in 'n groterige park waar daar speelplek vir kinders ook is.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.278N 012° 28.260O)
2004 Junie 11 Saterdag [Foto 5]

Donker wolke is besig om op te bou - tyd om op my fiets te spring en by die huis te kom!
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.278N 012° 28.260O)