Augustus 2005

GeoCaching - Plysdyr 2

As deel van my GeoCaching-uitstappie vir die dag, het ek na Plysdyr 2 gaan soek. En die vonds was GROOT: Dis die grootste cache wat ek nog ooit gesien het. Dis 'n groot asdrom wat in 'n gat in die grond tuisgemaak is, en binne-in hierdie drom is daar nog 'n kleiner drom en houer. Binne die kleiner drom is daar 'n klomp sakke en die houer waarin die log-boek is. Terwyl die muskiete besig was om aan my te hap-hap, was ek vir 'n oomblik bekommerd dat ek langer gaan vat om die log-boek binne-in die cache op te spoor as wat ek gevat het om die cache self op te spoor! Dit was darem toe nie so moeilik nie. En hoekom so groot? Wel, hierdie is 'n teddiebeer-cache, so jy kan jou gunsteling bedmaatjie verruil vir 'n ander een (en dan die nuwe een bietjie uitspoel want hulle ruik nie te vars nadat hulle 'n ruk lank in die cache was nie!).

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 1]
Inhoud
My log-inskrywing:
13:10 The biggest I've ever found! Took me a while & had to endure all the mosquitos! Took: Small teddy with clothes. Left: Small green toy + wooden elephant from RSA.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 39.351N 012 34.164O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 2]
Vat
Ek het hierdie oulike beertjie gevat.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 39.351N 012 34.164O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 3]
Los
Hierdie een het ek daar gelos - as ek reg onthou, kom hy van Bakken af.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 39.351N 012 34.164O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 4]
Albert
Ek met die GPSr in die hand. Geen kans dat ek die cache in my ander hand gaan vashou nie!
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 39.351N 012 34.164O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 5]
Cache
Die kleiner drom het 'n klomp sakke in, waarin al die teddiebere gebere word.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 39.351N 012 34.164O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 6]
Wegsteekplek
Die groter asdrom is in 'n gat in die grond. Ek het nie eers die ander houer uitgehaal nie!
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 39.351N 012 34.164O)

2005 Augustus 20 Saterdag [Foto 7]
Weggesteek
Nou is alles terug in die grond en die boonste beskermende deksel is toe. Wie sou kon raai...
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 39.351N 012 34.164O)

Laaste opdateer: Sondag 21 Augustus 2005
Webmeester: Albert van Biljon