Na ons kerkdiens is ek vinnig terug huis toe om 'n cache op die webwerf te kry om te gaan soek - die sonskyn- en warm weer kon net nie onbenut gelaat word nie! Ek het besluit om na Kagsmosen te gaan soek. Die uitstappie soontoe en terug was 17,75km en ek het die cache gelog om 16:20. Ek het ook die reisgogga (Travel Bug) Lolly's Scoubidou, wat ek in Engeland opgetel het, in die cache gelos.
2005 Julie 31 Sondag [Foto 1]

Die cache-inhoud saam met die GPSr en die reisgogga Lolly's Scoubidou.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.697N 012° 27.667O)
2005 Julie 31 Sondag [Foto 2]

My log-inskrywing:
Easily found once I've figured out which side of the railway and water it was and how to get there! A wonderful 8.81km bike ride from my home on this warm, sunny day. Thanx for the cache! In: Small wooden elephant from South Africa; Out: Red heart. Left TB Lolly's Scoubidou. The cache is very full now - it may be an idea for the next cacher to take the deck of cards and/or TB.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.697N 012° 27.667O)
2005 Julie 31 Sondag [Foto 3]

Ek by Brompie met die cache en GPSr in my hande.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.697N 012° 27.667O)
2005 Julie 31 Sondag [Foto 4]

Die reisgogga wil graag by caches wees wat naby water is. Ek hoop hierdie foto en cache sal die tevredenheid van die eienaar wegdra! Die cache self is in 'n boom wat reg langs hierdie meer is.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.697N 012° 27.667O)
2005 Julie 31 Sondag [Foto 5]

Die cache is weggesteek onder 'n paar takkies "binne" die groepie bome, op grondvlak en toegedraai in 'n plastieksak.
Kopenhagen, Denemarke (55° 42.697N 012° 27.667O)
2005 Julie 31 Sondag [Foto 6]

Die cache is in hierdie boom weggesteek.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.697N 012° 27.667O)