Februarie 2006

GeoCaching - Fælledparken*1

Ek het Johan voorgestel aan GeoCaching met die cache Fælledparken*1, wat 'n rapsie meer as 'n kilometer van my woonstel af is. Ons het hierdie multi-cache op hierdie sonskyn, dog koue, dag baie geniet.

2006 Februarie 11 Saterdag ~14:20 [Foto 1]
Gedenkklip
Die gedenkklip vir die eerste leidraad.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.322N 012° 34.415O)

Leidraad 1: "This is a stone for the first aircrash in Denmark. What is the first digit in the date? The digit is A."
Die datum is 10 Oktober 1913 en dus is

A = 1

2006 Februarie 11 Saterdag ~14:15 [Foto 2, 3, 4]
Standbeeld Albert
Plaat
Die standbeeld waarna in die tweede leidraad verwys word. Die teks op die plaat lui as volg:

EN FODBOLDSPILLER
AF JEAN GAUGUIN
1881 - 1961
OPSTILLET 1939
KÖBENHAVNS KOMMUNE   KÖBENHAVNS KULTURFOND
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.317N 012° 34.208O)

Leidraad 2: "In which year was this statue placed here? Pick digit 1 for 1929, Pick digit 2 for 1939, Pick digit 3 for 1949. The digit is B."
Die standbeeld is in 1939 opgerig en dus is

B = 2

2006 Februarie 11 Saterdag ~14:35 [Foto 5, 6]
Bankies
Bankies
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.223N 012° 34.003O)

Leidraad 3: "Sit down and enjoy the view from the bridge. How many benches are there here (on the bridge)? The digit is C"
Daar is vier bankies en dus is

C = 4

2006 Februarie 11 Saterdag ~14:40 [Foto 7, 8, 9, 10]
Albert en Johan by die bomskuiling.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.200N 012° 34.095O)

Leidraad 4: "Here is an air-raid shelter from the war. Look down through the glass. How many steps are there? The digit is D."
Daar is 5 trappe en dus is

D = 5

2006 Februarie 11 Saterdag ~14:55 [Foto 11]
Albert
Albert by die standbeel-in-drie-dele.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.086N 012° 33.982O)

2006 Februarie 11 Saterdag ~14:55 [Foto 12]
Plaat
Die plaatjie, wat die inligting bevat vir leidraad 5, is op die grond tussen die drie dele. Ek moes 'n deel daarvan oopkrap onder die sneeu.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.086N 012° 33.982O)

Leidraad 5: "Here is a sculpture in 3 parts. Add the first and the last digit in the year. The digit is E."
Die jaar wat met die skulptuur geassosieer word is 1981 en dus is

E = 2

2006 Februarie 11 Saterdag ~15:15 [Foto 13, 14, 15, 16]
Johan
Albert
Albert Klip
Ek en Johan by (en op) die klip waarvan in leidraad 6 gepraat word.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.998N 012° 34.046O)

Leidraad 6: "From this speakers platform the famous Thorvald Stauning has spoken many times at 1. May. How tall is the big stone, 2 or 4 meters? (1 meter is approx 3.3 feet). The digit is F."
Hierdie klip is ongeveer 2 meter hoog en dus is

F = 2

2006 Februarie 11 Saterdag [Foto 17]
Johan
Johan besig om die finale koördinaat as 'n "waypoint" in die GPSr in te lees en die GPSr te laat "GOTO" na hierdie "waypoint" toe.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.998N 012° 34.046O)

Leidraad vir die finale koördinaat: Insert the digits to find the cache at N55° 42.ABD E012° 34.EFC

Dus is die finale koördinaat 55° 42.125N 012° 34.224O

2006 Februarie 11 Saterdag ~15:50 [Foto 18, 19, 20, 21]
Johan Albert
Albert Weggesteek
Albert en Johan met die cache en GPSr, en ek wat die cache weer wegsteek waar Johan dit gevind het.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.125N 012° 34.224O)

2006 Februarie 11 Saterdag ~15:50 [Foto 22]
Log
My log-inskrywing:
15:36 Found together with Johan. A great day for a great cache. Thanx! In: Fridge magnet from SA. Out: Old 50 oere coin.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 42.125N 012° 34.224O)

2006 Februarie 11 Saterdag ~15:00 [Foto 23, 24]
Fontein Swaan
Die meer is gevries, behalwe vir die deel reg rondom die fontein. 'n Klomp voëls, onder andere 'n swaan, loop op die ys rond.
Kopenhagen, Denemarke

2006 Februarie 11 Saterdag ~15:05 [Foto 25, 26, 27]
Die Fælledparken-stadion. Hierdie voël eet stukkies van 'n brood wat iemand in die takke van 'n boom langs die paadjie geplaas het!
Kopenhagen, Denemarke

Laaste opdateer: Maandag 13 Februarie 2006
Webmeester: Albert van Biljon