Februarie 2006

GeoCaching - Jorcks Passage

Die GeoCache Jorcks Passage was die eerste cache wat ek heeltemal sonder die gebruik van my GPSr gevind het. Ek en Johan was in sentraal-Kopenhagen en het verby Jorcks Passage, 'n voetganger-stegie, geloop. Dis toe dat ek onthou dat daar 'n GeoCache hier weggesteek is. Tussen die geboue is 'n GPSr redelik onakkuraat en is 'n mens se instink meer werd! Na net 'n paar minute se soek, het ons die cache gekry.

2006 Februarie 12 Sondag ~17:20 [Foto 1, 2]
Johan Albert
Johan en Albert met die cache, 'n logboek wat in 'n plat plastiekkoevertjie gebêre word.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 40.730N 012° 34.476O)

2006 Februarie 12 Sondag ~17:20 [Foto 3, 4]
Log
Wegsteekplek
My log-inskrywing:
2006-02-12 17:20 Easily found - without GPSr & hint. Obviously, no trade!! TFTC. albertvanbiljon + Johan
Die wegsteekplek is agter 'n pilaar.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 40.730N 012° 34.476O)

Laaste opdateer: Sondag 12 Februarie 2006
Webmeester: Albert van Biljon