Oktober 2008

GeoCaching - Beautiful city - KIEV

Kort na 07:00 die Maandagoggend arriveer my trein by die hoofstasie in Kyiv, en kies ek pad na die cache Beautiful city - KIEV toe (nadat ek my bagasie gaan toesluit het). Dit het my ongeveer 1.5 ure geneem om tot by die cache te loop en toe nog 'n halfuur om hom te kry. Die cache is in 'n park, maar ek het dit heeltemal van die verkeerde kant af benader - gelukkig was dit nie 'n té groot struikelblok nie. Wat wel ontstellend was, was dat ek in my soektog tussen die bome op 'n spuitnaald afgekom het - sjoe!

2008 Oktober 20 Maandag ~09:30 [Foto 1]
Cache
Die inhoud van die cache.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.476 O030° 30.729)

2008 Oktober 20 Maandag ~09:30 [Foto 2]
Log
My log-inskrywing:
20/10/2008 Monday ~09:20
Found after ~30 minute search. A nice day for caching with beautiful autumn colours. Took me a while to get here as I approached it from the wrong side.
In: U.K. 20 pence coin
Out: Travel Bug, GeoCoin
TFTC! albertvanbiljon
Ek het ook twee reisitems saamgevat:
Travel Bug: KOLOS F1
GeoCoin: SGG's Cache-Cadian GeoCoin
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.476 O030° 30.729)

2008 Oktober 20 Maandag ~09:30 [Foto 3]
Wegsteekplek
Die cache is in die boom se wortels weggesteek, met 'n groterige plat klip wat dit bedek sodat dit nie te maklik sigbaar is vir diegene wat nie 'n cache-oog het nie! Die voetpad is net agter die boom.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.476 O030° 30.729)

Laaste opdateer: Sondag 26 Oktober 2008
Webmeester: Albert van Biljon