In Oktober het ek vir 'n vriendin in Donetsk gaan kuier. Dit was rerig 'n blitsige besoek: Ek was maar omtrent drie dae in Donetsk self.
My trein het net na 07:00 die oggend in Donetsk arriveer. Hiervanaf het ek die bus gevat wat tot naby haar huis loop. Ongelukkig het ek nie mooi die area herken nie, en nie op die regte plek afgeklim. Tussen my gebroke Russies en 'n paar ander pasassiers se gebroke Engels, het ek toe vasgestel dat ek reeds verby my afklimplek is en dat ek so gou as moontlik moet afklim en die bus aan die oorkant van die straat terugvat. Op die ou end het ek toe darem op die regte plek uitgekom en het iemand my kom haal.
2008 Oktober 19 Sondag ~17:45 [Fotos 1, 2]
![]() |
![]() |
2008 Oktober 19 Sondag ~17:45 [Fotos 3, 4, 5]
![]() |
![]() |
![]() |
2008 Oktober 19 Sondag ~18:40 [Foto 6]
Donetsk se hooftreinstasie.
Donetsk, Oekraïne (N48° 02.599 O037° 44.796)