Oktober 2008
Kyiv, Oekraïne
Met 'n paar ure in Kyiv, nadat my trein vroeg die oggend daar aangekom het en totdat ek lughawe toe moes vertrek, het ek na twee GeoCaches gaan soek (waarvan ek een gekry het) en 'n paar ander plekke ook gesien.
2008 Oktober 20 Maandag ~08:20 [Foto 1, 2, 3, 4]
Die pragtige St. Andreas kerk in Kyiv. Dit is op 'n heuwel gebou en dus het mens 'n goeie uitsig hiervanaf, en die kerk kan ook van ver af gesien word.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.514 O030° 31.092 ~200m)
2008 Oktober 20 Maandag ~08:20 [Foto 5, 6]
Twee inligtingsbordjies by St. Andreas kerk.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.514 O030° 31.092 ~200m)
2008 Oktober 20 Maandag ~08:50 [Foto 7]

St. Andreas kerk van ver af gesien.
Kyiv, Oekraïne
2008 Oktober 20 Maandag ~08:20 [Foto 8, 9, 10, 11]
Die uitsig oor Kyiv vanaf die kerk. Die rivier is die Dniepr.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.514 O030° 31.092 ~200m)
2008 Oktober 20 Maandag ~08:25 [Foto 12, 13, 14]
Hierdie standbeeld is net 'n kort entjie van St. Andreas kerk af.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.577 O030° 31.040 ~184m)
2008 Oktober 20 Maandag ~08:30 [Foto 15]

Hierdie standbeeld lyk soos 'n ou standbeeld van 'n priester of ander soortgelyke persoon, waarvan die oorspronklike dele weer aan mekaar geheg is. Ek kon egter geen inskripsie op dit kry nie.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.577 O030° 31.040 ~184m)
2008 Oktober 20 Maandag ~08:30 [Foto 16]

Iemand dra die kerk op sy hande - wie kon ek nie uitvind nie.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.577 O030° 31.040 ~184m)
2008 Oktober 20 Maandag ~08:30 [Foto 17]

Een van die moeier ou gebou in die straat af.
Kyiv, Oekraïne
2008 Oktober 20 Maandag ~08:40 [Foto 18, 19]
Op pad na die geocache toe, het ek verby hierdie geboue gestap. Hierdie is splinternuwe geboue in 'n rerige mooi boustyl en kleurryk geverf.
Kyiv, Oekraïne
2008 Oktober 20 Maandag ~08:50 [Foto 20]

Mooi herfskleure.
Kyiv, Oekraïne
Ek het ook 'n geocache, Beautiful city - KIEV, in hierdie omgewing gedoen - my eerste een in Oekraïne!
2008 Oktober 20 Maandag ~09:50 [Foto 21, 22]
'n Uitsig oor dele van Kyiv, vanuit 'n park.
Kyiv, Oekraïne
2008 Oktober 20 Maandag ~10:00 [Foto 23, 24, 25]
Drie standbeelde op die Mykhaylivskaplein - die name lyk soos: Andrei Pervozvannyi, Ol'ga, Kirill' en Mefodyi.
Kyiv, Oekraïne (N50° 27.318 O030° 31.232 ~188m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:15 [Foto 26]

Die drie standbeelde op hierdie deel van die plein.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.318 O030° 31.232 ~188m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:05 [Foto 27, 28]
St. Michael se Gouekoepeldakklooster. ("Saint Mykhaylivska Zolotoverkhyi Monastery", of in Engels "St Michael's Monastery of the Golden Cupolas"). Die mure aan weerskante van die ingang het pragtige kunswerke op geverf.
Kyiv, Oekraïne (N50° 27.336 O030° 31.294 ~199m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:05 [Foto 29, 30, 31]
Aan die linkerkant van die klooster se ingang is daar hierdie gedenkteken wat die groot hongerdood van 1932 tot 1933 in Oekraïne herdenk.
Die Engelse teks op die bord is as volg:
The Famine-Genocide of 1932-1933 in Ukraine.
In 1937 a census was carried out in the USSR, but the results were never published.
Stalin was most displeased by the statistics that were submitted by Ukrainian demographers, all of whom were subsequently repressed and destroyed.
Examining the Soviet censuses of 1926 and 1939, the International Commission of jurists compared the population growth and losses in Ukraine with that of neighboring republics.
After 1932, entire villages and collective farms in Russian gubernias were resettled en masse in the southern, central, and eastern oblasts of Ukraine. Comparative data of the International Commission clearly prove that Ukraine sustained losses of 3,084 million people.
If you exclude the number of people who were resettled from the Russian Federation and factor in the decreases in the birth rate resulting from the famine-genocide, then Ukraine lost no fewer than ten million people.
Kyiv, Oekraïne (N50° 27.336 O030° 31.294 ~199m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:15 [Foto 32]

St. Sophia se katedraal, ongeveer 'n halwe kilometer verder.
Kyiv, Oekraïne (Foto geneem vanaf ongeveer N50° 27.336 O030° 31.294 ~199m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:15 [Foto 33, 34]
Van die geboue rondom die Mykhaylivskaplein.
Kyiv, Oekraïne (rondom N50° 27.318 O030° 31.232 ~188m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:40 [Foto 35, 36]
'n Uitsig oor die stad en die Dniepr-rivier, met die rivier-terminaal sigbaar. Volgens my kaart is die naaste metro-stasie aan die river-terminaal "Poshtova Ploshcha".
Kyiv, Oekraïne (Foto geneem vanaf ongeveer N50° 27.307 O030° 31.802 ~158m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:40 [Foto 37]

'n Uitsig oor die Dniepr-rivier (Suid-Ooswaarts).
Kyiv, Oekraïne (Foto geneem vanaf ongeveer N50° 27.307 O030° 31.802 ~158m)
2008 Oktober 20 Maandag ~10:05 [Foto 38, 39, 40, 41, 42, 43]
Hierdie monument is bekend as "The People's Frienship Arch" (in een gidsboek word dit ook "Monument to Unification of Russia & Ukraine" genoem). Dit blyk egter dat hierdie vriendskap nie geld tussen 'n man en sy beste vriend, die hond nie: Toe ek daar rondgeloop het, het drie honde kwaai vir my begin blaf en ek het maar besluit om die hasepad te kies!
Kyiv, Oekraïne (ongeveer N50° 27.270 O030° 31.796 ~153m)
Laaste opdateer: Sondag 30 November 2008
Webmeester: Albert van Biljon