Op die laaste Saterdag van my besoek aan Athene, besluit ek, Tony, Samantha en Antonia om na Pendeli 1 - DVDs with a view te gaan soek. 'n Kort rit in die motor en 'n lekker ent se stap op 'n nie te koue en sonnige dag was heerlik, veral na 'n hele paar dae se aanhoudende reën en koue. Die cache neem ons tot op 'n hoogte van ongeveer 400 meter bo seëspieël.
2005 November 26 Saterdag [Foto 1]

GeoCachers aan die werk: Van links na regs is Samantha, Antonia en Tony. Dis altyd gaaf om iemand aan GeoCaching bekend te stel. Tony het dit al vantevore gedoen, maar Samantha en Antonia is nuwelinge.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 2]

GeoCachers aan die werk: Van links na regs is Samantha, Antonia en Tony. Dis altyd gaaf om iemand aan GeoCaching bekend te stel. Tony het dit al vantevore gedoen, maar Samantha en Antonia is nuwelinge.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 3]

Hierdie cache het 'n hele paar DVDs in gehad, maar ons het van die ander items geruil, insluitende die reisgogga VT Duck.
My log-inskrywing:
Saturday 26 November 2005 11:00 Found together with Tony, sam & Antonia. Nice day after days of rain, and nice walk up the road. TFTC. Took: Travel Bug VT Duck, Lizard. Left: 2 Lego men.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 4]

Antonia met die cache, GPSr en haar skat, 'n akkedissie.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 5]

Antonia, Tony en Samantha met die akkedissie, cache en GPSr.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 6]

Antonia, Tony en Samantha met die akkedissie, cache en GPSr.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 7]

Antonia en Albert is beide bly dat ons die cache kon vind nadat ons 'n rukkie lank, en op verskillende plekke, daarna gesoek het.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 8]

Albert met die GPSr en cache in sy hande, en sy rugsak van Noorweë langs die klip.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 9]

Die wegsteekplek is onder hierdie klip langs 'n stil grondpad.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 10]

Die wegsteekplek is onder hierdie klip langs 'n stil grondpad.
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 11]

Hier is iets weggesteek, reg?
Athene, Griekeland (38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 12]

Die cache is onder die groot klip in die middel van die foto weggesteek. Aanvanklik het ons bo-op die heuweltjie gesoek en eers later afbeweeg na die regte plek toe.
Athene, Griekeland (rondom 38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 13]

Op pad terug na die motor toe, wys Antonia haar akkedissie wat sy uit die cache gehaal het.
Athene, Griekeland (rondom 38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 14]

'n Uitsig oor Athene.
Athene, Griekeland (rondom 38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 15]

Nog 'n uitsig oor Athene.
Athene, Griekeland (rondom 38° 05.164N 023° 50.366O)
2005 November 26 Saterdag [Foto 16]

'n Klomp byekorwe (en dus bye) langs die pad.
Athene, Griekeland (rondom 38° 05.164N 023° 50.366O)