Desember 2005

GeoCaching - Fælledparken*2

Hierdie Saterdagoggend wat 'n tipiese koue en grys wintersoggend, dus het ek gekies om na Fælledparken*2 te gaan soek wat baie naby aan my huis is: Omtrent 1 km in 'n direkte lyn. Ek wou ook die reisgogga VT Duck wat ek in Griekeland gekry het, hier los.

2005 Desember 03 Saterdag ~12:50 [Foto 1]
Inhoud
My log-inskrywing:
Saturday 3 December 2005 12:40 A cold, grey wintersday - TB VT Duck will find his new home in a cache close to my home! Brilliant hiding place, TFTC! In: TB VT Duck, Keyring from Norway; Out: Musical Pig.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 42.167N 012 33.919O)

2005 Desember 03 Saterdag ~12:50 [Foto 2]
Albert
Albert met die GPSr en die cache.
Kopenhagen, Denemarke (rondom 55 42.167N 012 33.919O)

2005 Desember 03 Saterdag ~12:50 [Foto 3]
Wegsteekplek
Hierdie cache is op 'n baie slim plek weggesteek: Onder 'n houtbruggie op 'n plek waar mens nie sommer sal kyk as jy nie na iets soek nie!
Kopenhagen, Denemarke (55 42.167N 012 33.919O)

Sien ook die webblad wat ek vir die reisgogga, VT Duck gemaak het.

Laaste opdateer: Saterdag 3 Desember 2005
Webmeester: Albert van Biljon