Op 'n sneeuerige dag het ek na die multi-cache Ligeud, Grøndal no 1. gaan soek. Ek kon al die leidrade vind, maar 'n klein foutjie wat ek gemaak het, het gemaak dat ek die cache nie die eerste keer kon kry nie. My tweede besoek aan die finale koördinaat het ook niks opgelewer nie en dis slegs nadat die cache-eienaar vir my 'n leidraad gegee het en ek weer gaan soek het, dat ek die cache kon vind. Deursettingsvermoë... Wat ek van hierdie cache sal onthou is dat ek net vroeër in die week 'n fliek oor Gandhi gekyk het, en kyk net by wie se standbeeld vat een van die leidrade jou verby!
2005 Desember 27 Dinsdag ~13:35 [Foto 1]

Kopenhagen, Denemarke (rondom 55° 41.813N 012° 31.517O)
Leidraad 1: "Across the start of the cache is a building raised by the city of Copenhagen. When was is raised ? call it 19AB."
Die gebou is gebou in 1931, dus
A = 3
B = 1
2005 Desember 27 Dinsdag ~13:45 [Foto 2, 3]
|
|
Leidraad 2: "Go to N 55.41.874 E 012.31.A9B What was the name of this politician ? Call him RSTUVX and replace the letters in his name by the number in the alphabet (A=1 etc)."
Die teks op die plaatjie is:
M K GANDHI - THE MAHATMA 1869-1948 GAVE FRA DEN INDISKE REGERING UDFØRT AF SANKHO CHAUDURI OPSTILLET AF KØBENHAVNS KOMMUNE 1985Die naam van die politikus by 55° 41.874N 012° 31.391O is dus Gandhi.
Die letters van die alfabet word as volg genommer:
A B C D E F G H I J K L M N 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14
dus het ons
R = G = 7
S = A = 1
T = N = 14
U = D = 4
V = H = 8
X = I = 9
en
Q = R - 1 = 7 - 1 = 6
2005 Desember 27 Dinsdag ~14:00 [Foto 4, 5]
|
|
Leidraad 3: "Go to N 55.41.VVQ E 012.31.AQQ where Q =R-1. Here is a sculpture. When is it erected ? call it 19YZ."
Die teks op die plaatjie is:
MAND OG PIGE AF POVL SØNDERGAARD 1905 - 1986 OPSTILLET 1935 KØBENHAVNS KOMMUNE KØBENHAVNS KULTURFOND
Die standbeeld by 55° 41.886N 012° 31.366O is dus opgerig in 1935, dus
Y = 3
Z = 5
en
P = S - 1 = 1 - 1 = 0
2005 Desember 27 Dinsdag ~14:10 [Foto 6, 7]
|
|
2005 Desember 27 Dinsdag ~14:10 [Foto 8, 9, 10]
|
|
|
Leidraad 4: "Go to N 55.41.XVY E 012.31.PVP where P=S-1 Here is another sculpture, when is it erected ? call it 19KL."
Die teks op die standbeeld en plaatjie is:
DANMARK UNDER BESÆTTELSEN
DANMARK UNDER BESÆTTELSEN AF JOHANNES BJERG 1886 - 1955 OPSTILLET 1951 KØBENHAVNS KOMMUNE KØBENHAVNS KULTURFOND
Die standbeeld by 55° 41.983N 012° 31.080O is opgerig in 1951, dus
K = 5
L = 1
Finale koördinaat: The cache is hidden at N 55 41.abc E 012 31.def where a=X, b=V, c=L-1, d=P, e=K-1, f=R.
a = X = 9
b = V = 8
c = L - 1 = 1 - 1 = 0
d = P = 0
e = K - 1 = 5 - 1 = 4
f = R = 7
en dus is die finale koördinaat 55° 41.980N 012° 31.047O
2005 Januarie 7 Dag ~13:20 [Foto 11, 12]
|
|