Desember 2008

GeoCaching - Travel Bug - Flip-Flopped Fraygirls

Ek het in Augustus die travel bug Flip-Flopped Fraygirls in Aberdeen, Skotland in 'n cache opgetel en saamgebring Londen toe.
Woensdag 10 Desember 2008 het ek dit 'n besoek laat afle by Southwark Park, waarna ek dit saam Suid-Afrika toe vat.

2008 Desember 10 Woensdag ~08:45 [Foto 1]
Skoene
Die eienaar het gevra dat mens 'n foto neem van die skoene wat jy aan het wanneer jy die travel bug kry of plaas.
Londen, Engeland (rondom N51 29.692 W000 03.374)

2008 Desember 10 Woensdag ~08:45 [Foto 2]
TravelBug
'n Deel van Southwark Park naby die cache.
Londen, Engeland (rondom N51 29.692 W000 03.374)

2008 Desember 10 Woensdag ~08:45 [Foto 3]
Roostuin
Die travel bug in die Ada Salter Roostuin in Southwark Park, naby die cache.
Londen, Engeland (rondom N51 29.692 W000 03.374)

Ek, Christa en Marizelle het 'n besoek aan Klapperkop in Pretoria afgelê. Die reisgoggas was natuurlik saam met ons!

2009 Januarie 3 Saterdag ~09:00 [Foto 4]
Pretoria
My en Christa se voete.
Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika (rondom S25° 46.608 O028° 12.587)

Ek en Kobus het die reisgogga 'n besoek laat aflê by die cache Battle of Cable Street.

2009 Maart 1 Sondag ~14:55 [Foto 5]
AlbertKobus
Op besoek aan die cache naby Cable Street.
Londen, Engeland (rondom N51° 30.637 W000° 03.541)

Laaste opdateer: Sondag 8 Maart 2009
Webmeester: Albert van Biljon