Februarie 2007

GeoCaching - Sherlock 1 - The game is afoot!

Ek en Annalize het onsself speurders gehou en Sondag na Sherlock 1 - The game is afoot! gaan soek, die eerste in 'n reeks van caches.

2007 Februarie 4 Sondag ~12:25 [Foto 1]
Spitalfields
Die vraag om te beantwoord by hierdie cache gaan oor die gebou by die gegewe koördinaat; Die gebou is die Spitalfields Mark en die vraag vra die jaar waarin die gebou herkonstrueer is deur Jack Horner se broer.
Die antwoord is op die gebou, mits 'n mens weet in watter jaar Koningin Victoria haar Jubilee gefier het! Sy het meer as een Jubilees gehad, en dus was 'n websoektog nodig.
Die jaar is 1887, haar Goue Jubilee, dus is
a = 1
b = 8
c = 8
d = 7
en M = a + b = 9
en G = c - d = 1.
Hierdie waardes word later gebruik om die finale cache op te spoor.
Londen, Engeland (51 31.161N 000 04.495W)

Die ander caches in hierdie reeks:
Sherlock 2 - I suppose, Watson...
Sherlock 3 - The wages of sin, Watson!
Sherlock 4 - I cannot live without brainwork!

Laaste opdateer: Dinsdag 17 April 2007
Webmeester: Albert van Biljon