April 2007

GeoCaching - Sherlock 4 - I cannot live without brainwork!

'n Paar weke nadat ons met die eerste cache in hierdie reeks begin het, gaan soek ek na die daaropvolgende caches. Sherlock 4 - I cannot live without brainwork! was derde op die lys...

2007 April 9 Maandag ~14:40 [Foto 1]
SherlockHolmesPub
Die Sherlock Holmes pub.
Londen, Engeland (rondom 51 30.424N 000 07.539W)

2007 April 9 Maandag ~14:40 [Foto 2]
EdwardVIIRooms
Die "Edward VII Rooms".
Londen, Engeland (rondom 51 30.424N 000 07.539W)

Die leidraad hier is verskuil in die koninklike naam oorkant Sir Arthur Conan Doyle se slagspreuk: "I cannot live without brainwork. What else is there to live for?". Ek kon nie die slagspreuk opspoor nie, maar die naam "Edward VII Rooms" oorkant die Sherlock Holmes pub het my oortuig dat die antwoord "7" moet wees.

Dus is

Q = 8

Hierdie waarde word later gebruik om die finale cache op te spoor.

Log op webwerf:
A few weeks after I did the first one in this series, I continued with the rest. What a great day it was to cycle in central London! I wasn't sure about this one, as I could not find the quote anywhere, but the rest of the clues seems to fit! TFTC.

Die ander caches in hierdie reeks:
Sherlock 1 - The game is afoot!
Sherlock 2 - I suppose, Watson...
Sherlock 3 - The wages of sin, Watson!

Laaste opdateer: Dinsdag 17 April 2007
Webmeester: Albert van Biljon